Kreatiwiteit galore!

Baie van ons het grootgeword sonder om te weet van hierdie innerlike krag in ons: kreatiwiteit. Dit is ’n menslike eienskap om weerstand op te bou teen enigiets nuuts, selfs al is dit positief. As gevolg van mislukkings uit die verlede verloor ons geloof in ons vermoë om probleme en moeilike situasies op ’n kreatiewe manier te hanteer.

Om regtig kreatief te wees moet ons heel eerste glo dat ons innoverend is. Dit gee ons moed om nuwe idees te genereer en die bewys van ons eie, unieke kreatiwiteit te sien. Die geloof in ons eie kreatiewe vermoëns is die vrugbare grond wat nodig is om te groei. Om te glo dat jy kreatief is, beteken nie dat jy weet jy is altyd reg nie. Dit bete-ken wel dat mislukking nie die einde van die pad is nie. Dit beteken jy sal op ander paaie reis totdat jy die een ontdek wat na sukses lei.

As jy mense en situasies reeds vooraf veroordeel is die kans baie goed dat jy jou nie sal kan oopstel vir ’n kreatiewe ervaring nie. Dit is net wanneer ons ons daarvan weerhou om te oordeel oor ander dat ons ons kreatiewe potensiaal kan bereik.

Think About it…..
It is assumed that all of us are on a journey, charting a direction for our life. By being conscious about our journey one can live every day with greater joy, intuition, strength and compassion.
Contact Us

Telephone

+27 12-460 7822


Email

satori@iafrica.com

Fax

+27 12 460 7823


Design by Netstudio